Departement Afrikaans en Nederlands - US

Departement Afrikaans en Nederlands - US LinkedIn: www.linkedin.com/company/universiteit-stellenbosch-departement-afrikaans-en-nederlands Hierdie leerstoel is deur prof. J.J. Prof. Pienaar (Sangiro), D.J.

Geskiedenis van die Departement Afrikaans en Nederlands

In wese is die totstandkoming van die Departement Afrikaans en Nederlands die gevolg van ’n mosie wat in 1918 deur studente van die Universiteit Stellenbosch ingedien is, waarin hulle “die Raad beleefdelik [vra] om ons wens tegemoet te kom en ons so spoedig moontlik aan ’n stoel in Afrikaans te help”. Hierdie mosie het aanleiding gegee tot d

ie instelling van ’n leerstoel in Afrikaans met behulp van die Jan Marais-fonds in 1920. Smith, ’n bekende taalgeleerde en baanbreker op die gebied van die Afrikaanse taalkunde, gevul. Smith sou ook later die eerste redakteur van die Groot Afrikaanse Woordeboek (vandag Woordeboek van die Afrikaanse Taal) word. Toe die leerstoel in Afrikaans ingestel is, het die Universiteitsraad ’n spesiale komitee benoem om die verhouding tussen die leerstoele “in ’t Hollands en ’t Afrikaans” te omskryf. Die Raad het op aanbeveling van hierdie komitee besluit dat die twee leerstoele nie onafhanklik van mekaar sal staan nie, maar onderdele sal vorm van die Departement Nederlands en Afrikaans, soos dit sedert 1922 bekend gestaan het. Hierna was dit ook bekend as die Departement van Afrikaans-Nederlands en Departement Afrikaans en Nederlands, soos dit vandag steeds heet. Bekende dosente en oudstudente van die Departement Afrikaans en Nederlands sluit in Lydia van Niekerk (eerste vroulike professor aan die Universiteit Stellenbosch), A.A. Opperman, Ernst van Heerden, Uys Krige, Elize Botha (eerste vroulike kanselier van die Universiteit Stellenbosch), Peter Blum, Ina Rousseau, Ronnie Belcher, Alba Bouwer, Audrey Blignault, Etienne Leroux, Valiant Swart, F.F. Odendal, Lina Spies, P.C. Schoonees, D.B. Bosman, T.H. le Roux, J du P Scholtz, W. Kempen, ensovoorts.

07/09/2026

Namens die Kaapse Forum Neerlandistiek en die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Nederlandistiek nooi Alwyn Roux graag almal na die 2026 Neerlandistiekdag en die Alfred Schaffer-erelesing op Saterdag 19 September 2026 te Sasnev in Pinelands. Alfred Schaffer was een van die 2025 Brusel tot Karoo deelnemers.

Die program begin om 10:00 met die erelesing deur prof Marius Crous. Daarna volg ’n gesprek met die bekende Nederlandstalige digter Mustafa Stitou. Ter afsluiting sal daar ’n voorlesing van gedigte deur Marius Crous, Mustafa Stitou en, 2025 Brussel tot Karoo deelnemer, Naidene Lottering wees.

Die program word ook regstreeks deur SASNEV op YouTube gebeeldsend by https://www.youtube.com//streams om ’n breër gehoor te bereik.

RSVP aan [email protected].

04/09/2026

Aansoeke vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se 2027 magister- en doktorale beursprogram word nou ingewag.

KI is besig om blitsvinnig te verander hoe professionele taalpraktisyns te werk gaan. Maar hoe kan jy KI doeltreffend, k...
03/09/2026

KI is besig om blitsvinnig te verander hoe professionele taalpraktisyns te werk gaan. Maar hoe kan jy KI doeltreffend, krities en verantwoordelik gebruik – sonder om die menslike kundigheid in die hart van taalpraktyk te verloor?

Woon ons 8-weke-kortkursus by – spesifiek vir tolke, vertalers en teksredigeerders ontwerp wat hulle KI-geletterdheid wil ontwikkel en met selfvertroue die KI-geïntegreerde professionele werkswyses wil bestuur.

Datums: 1 Oktober - 19 November 2026
Tyd: Elke Donderdag, 19:00 - 21:00 SAST (UTC +2)
Formaat: Hibried – aanlyn of in-persoon by die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch
Krediete: 5 krediete
NKR-vlak: 8
Taal: Engels

Kliek hier vir meer inligting en registrasie: https://bit.ly/SCAILiteracy2026
___________________________

AI is rapidly changing the way language professionals work. But how can you use AI efficiently, critically and responsibly – without losing the human expertise at the heart of ?

Join our new 8-week designed specifically for interpreters, translators and editors who want to develop their AI literacy and confidently navigate AI-integrated professional workflows.

Dates: 1 October – 19 November 2026
Time: Every Thursday, 19:00–21:00 SAST (UTC+2)
Format: Blended – attend online or in person at the Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University
Credits: 5 credits
NQF Level: 8
Language: English

Click here for more information and registration: https://bit.ly/SCAILiteracy2026

2 September - Sekretaressedag🦸‍♀️Alhoewel ons vandag sekretaressedag vier, vier ons soveel meer hier by die Departement ...
02/09/2026

2 September - Sekretaressedag🦸‍♀️

Alhoewel ons vandag sekretaressedag vier, vier ons soveel meer hier by die Departement Afrikaans & Nederlands. Willemien, ons departementele kantoorbestuurder/superheld, is absoluut die gom wat ons departement bymekaar hou! Ons vier vandag Willemien se vriendelikheid, onbaatsugtigheid, hulpvaardigheid, en sommer net die mens wat sy is. 💐

Willemien, baie dankie vir alles! Ons waardeer jou ongelooflik baie, en ons vier jou nie net vandag nie, maar elke dag. 🤩

Elke werksplek kan doen met 'n Willemien! 🩷

28/08/2026
24/08/2026

In hierdie video gesels LitNet Akademies-navorser Kanja van der Merwe oor onder meer tolking en KI, en die verband tussen navorsing en die praktyk.

Kom vier die bekendstelling van Penseel 2025 saam met ons!Datum: 26 Augustus 2026Tyd: 18:30 vir 19:00Plek: Hofmeyrsaal, ...
19/08/2026

Kom vier die bekendstelling van Penseel 2025 saam met ons!

Datum: 26 Augustus 2026

Tyd: 18:30 vir 19:00

Plek: Hofmeyrsaal, Kerkstraat, Stellenbosch

Penseel 2025 word op 26 Augustus 2026 in die Hofmeyrsaal bekendgestel.

Die program is tjok-en-blok vol met voorlesings, musiek en ‘n bekende skrywer! Daar gaan klein peuselhappies en lafenisse wees, sowel as nuwe en ou bundels om te koop.

RSVP vir hierdie geleentheid deur ‘n e-pos na [email protected] te stuur.

18/08/2026

Address

Stellenbosch

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27218082158

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Departement Afrikaans en Nederlands - US posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The University

Send a message to Departement Afrikaans en Nederlands - US:

Shortcuts

Share