Perseverance Landbou Akademie

Perseverance Landbou Akademie 'n AgriSeta-geakkrediteerde, privaat, landbou kollege, wat van NQF Vlak 4 - Vlak 6 aanbied, geleë in die Bloemfontein distrik.

Wêreldklas teoretiese en praktiese landbouopleiding waar studente kan groei met kennis, en oes met waarde. Die Vrystaat Landboukollege, is ‘n opwindende nuwe inisiatief vanuit die Vrystaat landbougemeenskap om ‘n volwaardige, volle residensiële Landboukollege daar te stel vir Afrikaanssprekende studente, wat graag ‘n industrie-gedrewe Landbou Diploma wil verwerf, met die volle studente ervaring van kampuslewe, sport en jonkwees.

11/09/2026
Kennisverryking in die klaskamer! 🐂Ons studente het onlangs waardevolle insigte opgedoen tydens ’n besoek van Boetie Hat...
07/09/2026

Kennisverryking in die klaskamer! 🐂

Ons studente het onlangs waardevolle insigte opgedoen tydens ’n besoek van Boetie Hattingh, wat ’n boeiende praatjie oor die Senepol-beesras aangebied het.

Hy het die studente geneem op die interessante reis van die eerste 27 Senepols wat in 2000 vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika ingevoer is, die ras se ontwikkeling en doelwitte bespreek, en verduidelik presies waar dié geharde ras vandag in ons land staan.

’n Groot dankie aan Boetie en Senepol Cattle Breeders's Society of South Africa vir die waardevolle insette!

Groei met kennis, oes met waarde.

04/09/2026

Kennis in aksie!🐑

Ons studente by Perseverance Landbou Akademie het onlangs die gesogte Springbokkop-kursus, aangebied deur die NWGA suksesvol voltooi.

Tydens die geleentheid het ons produksiespan gaan inloer en waardevolle insigte gekry by twee bedryfskenners:

Eben van Wyk, produksieadviseur vir die NWGA in die Vrystaat.

Dr. Andries Strauss, produksiewetenskaplike by die Vrystaatse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake.

Kyk gerus saam na die video om te sien hoe die toekoms van landbou gevorm word.

Groei met kennis, oes met waarde 🐑

02/09/2026

Christo Doman, Streeksverteenwoordiger van Vrystaat Landbou/Free State Agriculture, het onlangs by Perseverance Landbou Akademie gekuier om ons studente toe te spreek oor georganiseerde landbou en hoe landboustrukture werk.

Ons aanbieder, Leadri Van Tonder, het agter die skerms met Christo gesels oor:

🌾 Die belangrikheid van samewerking en ’n verenigde stem vir boere.

💉 Hoe georganiseerde landbou boere help met praktiese uitdagings soos entstowwe (bek-en-klouseer) en naspeurbaarheidstelsels.

🤝 Waarom toekomstige boere reeds van vroeg af betrokke moet raak by landboustrukture.

Kyk die volledige video hieronder om meer te hoor oor hoe strukture die toekoms van boerdery ondersteun! 👇🎥

Groei met kennis, oes met waarde.

🥬🐇 Van die grond tot die mark!Ons studente het ’n vars oes kool onder die nette ingesamel! ’n Lekker praktiese sessie va...
31/08/2026

🥬🐇 Van die grond tot die mark!

Ons studente het ’n vars oes kool onder die nette ingesamel! ’n Lekker praktiese sessie van plantversorging tot oes.

Die kersie op die koek? Die studente het self dié kraakvars kool aan ’n plaaslike konynteler verkoop!

Dis hoe ons teorie en praktyk saamsnoer: om nie net te leer hoe om te produseer nie, maar ook te sien hoe produkte hul weg na die mark vind.

Kom leer volgende jaar saam met ons --> https://pla.org.za/

🥩🚜 Waardevolle praktiese blootstelling vir ons studente!Ons studente het die geleentheid gehad om Just Beef Slagpale in ...
28/08/2026

🥩🚜 Waardevolle praktiese blootstelling vir ons studente!

Ons studente het die geleentheid gehad om Just Beef Slagpale in twee kleiner groepe te besoek vir ’n insiggewende toer van die rooivleiswaardeketting. Die tweede groep het dit so geniet, dat hulle nie eers gestop het vir 'n foto nie😂

Ons studente het eerstehands ervaar hoe die hele proses verloop:

Die veilige aflaai en hantering van lewende hawe by die abattoir tot by die punt waar karkasse in die koelkamers gestoor word.

Die streng biosekuriteitsmaatreëls wat noodsaaklik is op die slagvloer.

Hoe vleisgradering van karkasse in die praktyk toegepas word.

’n Praktiese demonstrasie deur die vleisinspekteur oor hoe karkasse en organe getoets word om te verseker dat dit 100% veilig is vir menslike verbruik.

’n Groot dankie aan ons kundige gids, Tsepo, asook die bestuur van Just Beef vir die gasvryheid en hierdie uitstekende leergeleentheid! 🙌

https://pla.org.za/

Lekker verjaar, Johann 🎁🥳
22/08/2026

Lekker verjaar, Johann 🎁🥳

Today, we celebrate a visionary leader! 🎂✨Happy Birthday to our CEO, Johann Stassen 🥳

Thank you for your steadfast leadership, passion for growth, and continuous drive to steer our team toward excellence. May the year ahead bring you abundant success, good health, and many inspiring milestones.

Please join us in the comments in wishing him a fantastic day! 🎉

Address

Plaas Perseverance, Bainsvlei
Bloemfontein
9301

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Perseverance Landbou Akademie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The University

Send a message to Perseverance Landbou Akademie:

Shortcuts

Share