10/09/2026
Dit is weer tyd vir die jaarlikse Tuin van Digters-fees! Moenie die geleentheid misloop om saam ander digkunsliefhebbers gesproke en geskrewe digkuns te geniet nie.
Datum: 11 tot 12 September 2026
Plek: In die Breytenbachsentrum se Digterstuin op Wellington
Besoek ons Korf vir ander opkomende skrywersgeleenthede: https://jgf.org.za/hive/
𝐓𝐮𝐢𝐧 𝐯𝐚𝐧 𝐃𝐢𝐠𝐭𝐞𝐫𝐬 gaan eindig op 'n energieke noot - met 'n horde vlymskerpes en skeppendes wat deelneem aan die woord-en-musiekskeppende 𝑂𝑜𝑝𝑚𝑜𝑛𝑑 "aangeleentheid". Daarna word daar laatnag partytjie gehou met , en kie. Dit alles die aand van 12 September, by die Breytenbach Sentrum.
Wie en wat is 𝑂𝑜𝑝𝑚𝑜𝑛𝑑?
Dis is ’n woord-en-musiek aangeleentheid soos min. Die bestanddele vir dié ongewone stuk teater is eenvoudig: twee spanne digters en ’n paar musikante, ’n visuele kunstenaar, en ’n maltrap seremoniemeester/skeidsregter. En, natuurlik, ’n pretbeluste gehoor. Die digters en musikante ding as groepe mee teen mekaar. Hulle ontvang ’n tema (bepaal deur die gehoor) en het 10 minute om ’n nuwe, impromptu gedig te skryf, wat dan direk daarna, binne 20 minute, deur ’n span musikante getoonset word. Intussen skep die beeldende kunstenaar ’n werk na aanleiding van hul interpretasie van die temas.
En dan doen ons dit nóg ’n slag!
Die uiteinde? Twee splinternuwe songs, ’n handvol nuwe gedigte, en ’n fantastiese kunswerk (of twee) op die koop toe.
Wie speel saam?
Digters: Danie Marais, Toast Coetzer, Anna-Bet Stemmet, Andries de Beer en Churchill Naude
Musikante: Hanru Niemand + Deon Meiring
Beeldende kunstenaar: Evert Esterhuizen
Skeidsregter: Henry Cloete
Toast Coetzer Deon Meiring @
𝗞𝗮𝗮𝗿𝘁𝗷𝗶𝗲𝘀: https://qkt.io/JUU6by
𝐕𝐨𝐥𝐥𝐞𝐝𝐢𝐠𝐞 𝐩𝐫𝐨𝐠𝐫𝐚𝐦:https://breytenbachsentrum.co.za/wp-content/uploads/2026/09/tuin-van-digters-2026.pdf