05/06/2026
'n Gemeenskap wat omgee
By Hugenote Kollege is ons daagliks bewus daarvan dat die lewe soms onverwagte draaie neem. Daar is tye wanneer mense deur uitdagende omstandighede gaan, en dan maak die ondersteuning van ’n omgee-gemeenskap ’n wêreld se verskil.
Vandag wil ons graag ons opregte dank uitspreek aan Hoërskool Hugenote vir hul kosbare donasie. Julle bereidwilligheid om uit te reik en ’n verskil te maak, herinner ons daaraan hoe geseënd ons is om deel te wees van ’n gemeenskap waar mense na mekaar omsien.
Hierdie geskenk sal aangewend word om ondersteuning te bied waar dit nodig is, en ons waardeer die liefde, deernis en omgee wat daarmee saamkom.
Baie dankie dat julle help om hoop tasbaar te maak.