Minnie Hofmeyr College Social Work Students Worcester Old-students

Minnie Hofmeyr College Social Work Students Worcester Old-students Diens vir God en Medemens!! Page to share the memories of our student years and to celebrate our achievements, families and to share our heartache and laughter.

And most of all to Sing along.....Through it All.....

Drie Fenomenale Vroue - Vrouemaand n Viering van Diens en ToewydingVrouemaand bied aan ons die besondere geleentheid om ...
06/09/2026

Drie Fenomenale Vroue - Vrouemaand n Viering van Diens en Toewyding
Vrouemaand bied aan ons die besondere geleentheid om vroue te vereer wat deur hul lewe, werk en toewyding n betekenisvolle verskil in die lewens van ander te maak. Hierdie jaar is drie besonderse vroue afsonderlik vereer as Fenomenale Vroue -vroue wie se bydraes tot die opheffing, ontwikkeling en bemagtiging van hul onderskeie gemeenskappe diep waardeer word.

Hoewel elkeen haar eie unieke pad stap en op haar eie terrein n verskil maak, deel hierdie drie vroue n besonderse gemeenskaplike grondslag. Al drie is afgestudeerde Maatskaplike Werkers van n Christus-gefundeerde instansie, die destydse, Minnie Hofmeyr-Kollege, te Worcester. Dit is waar hulle gevorm is rondom die inspirerende leuse: Diens vir God en Medemens.

Hierdie leuse het vir hulle meer as net woorde geword. Dit is n lewensbeginsel wat sigbaar word in die wyse waarop hulle hul kennis, gawes en vaardighede tot voordeel van ander aanwend. Hulle verstaan dat ware diens nie slegs daarin le om mense se omstandighede te verander nie, maar ook om hoop te bring, waardigheid te herstel en mense te bemagtig om hul volle potensiaal te bereik.

Suzette Davids Willemse, stigter van Trauma to Triomf, het haar passie vir mense wat deur trauma geraak is, omskep in n bediening en diens wat daarop fokus om mense te help om van trauma, na herstel en uiteindelik triomf te beweeg. Haar besonderse Gemeenskapsdiens is ook erken toe sy die RIGG-trofee vir Uitstaande Gemeenskapsdiens in Bonnievale ontvang het. Haar werk getuig van die krag van een persoon wat bereid is om n hand uit te reik na mense wat dikwels onsigbaar en kwesbaar voel.

Irene Snell-Carroll, Wes-Kaap Direkteur van Aged in Action, wy haar kundigheid en leierskap aan die bevordering van die welsyn en waardigheid van bejaardes. Haar werk beklemtoon dat gemeenskapsontwikkeling ook beteken om die wat ons gemeenskappe oor dekades heen opgebou het, te beskerm, te ondersteun en met waardigheid te behandel. Haar besonderse bydrae is in 2026 erken met die NationBuilder's Proteas of Mzansi Award - n verdere bevestiging van haar impak en diens.

Carmelita Jeftha, Direkteur van Talitha Cumi, is eweneens n vrou wat haar professionele kennis en passie vir jongmense, tot voordeel van haar gemeenskap aanwend. Haar leierskap en ondersteuningsdiens aan jongmense, is onlangs erken toe sy as Mountain Mill Mall, Worcester, se Fenomenale Vrou 2026, bekroon is. Deur Talitha Cumi, dra sy by tot die bemagtiging en ontwikkeling van jongmense en glo dat elke kind die geleentheid verdien om te leer en verder as hul omstandighede te droom. Sy bring hoop en geleenthede binne haar gemeenskap.

Hierdie drie vroue herinner ons daaraan dat Maatskaplike Werk veel meer as n beroep is. Dit is n roeping om mense te dien, gemeenskappe te versterk en hoop te bring waar daar dikwels uitdagings en wanhoop is.

Hierdie verhale herinner ons daaraan dat Fenomenale Vroue nie noodwendig deur groot titels of openbare erkennings gedefinieer word nie. Hulle word herken aan die lewens wat hulle aanraak, die hoop wat hulle wek, en die verskil wat hulle maak waar hulle geplant is.

Drie verskillende vroue, met drie unieke roepings en drie verskillende terreine van diens - maar met dieselfde fondament "Diens vir God en Medemens".

Hul erkenning gedurende Vrouemaand is daarom nie slegs n viering van individuele prestasies nie. Die is n viering van diens, geloof, leierskap, opoffering en die onskatbare rol van vroue in die opheffing en ontwikkeling van ons gemeenskappe.

Mag hul stories ander vroue inspireer om hul gawes, kennis en talente tot voordeel van ander te gebruik. Wanneer n vrou haarself tot diens van God en haar medemens stel, kan haar invloed veel verder strek as wat sy ooit besef.

Een vrou, kan n gemeenskap verander!
Deur
Rosemarie Coert

Minnie H's verloor hul mammas.Baie sterkte aan Kay Jay Karin Williams Jantjies, Rowan Jantjies en Ronel Jacobs Mehl met ...
09/07/2026

Minnie H's verloor hul mammas.
Baie sterkte aan Kay Jay Karin Williams Jantjies, Rowan Jantjies en Ronel Jacobs Mehl met die heengaan van jul liefste moeders.

Ons as Minnie H's dink met leedwese aan julle en jul families.
Ons bid dat die Here Sy hand v seën oor julle sal uitstrek.
Ons diepe meegevoel

25/03/2026

You are invited
Join this T2T WORKSESSION Trauma to Triumph

😅 Don’t shoot the messenger… just a friendly reminderColleagues, this is simply a gentle nudge, not a panic button ⏰📅 Th...
09/02/2026

😅 Don’t shoot the messenger… just a friendly reminder

Colleagues, this is simply a gentle nudge, not a panic button ⏰

📅 The CPD submission deadline is 31 March for the current cycle, and it’s worth taking a moment to check that your points and documentation are in order.

📘 What guides CPD requirements?
Your CPD obligations are set out in two key Council documents:

➡️ Continuing Professional Development (CPD) Policy (2021)
➡️ Norms and Standards for CPD (2019)

📝 Quick one-pager: what matters most - see at the bottom of the post.
✔️ CPD is a registration requirement for social workers and social auxiliary workers
✔️ Points must be accumulated from a mix of activities (not only one type)
✔️ Both group and individual learning activities count
✔️ You must be able to show evidence of learning, not only attendance
✔️ The key forms are:
📄 E.2.3 – Portfolio of Evidence
📄 E.2.4 – Self-study Report

📍 Where can you get the documents?
➡️ All official CPD forms, policies and guidelines are available on the Council’s website
➡️ Alternatively, you can access the same documents on Child Protection in Action website ➡️ https://www.childprotectioninaction.co.za/ under ➡️ Information Hub ➡️ SASCCP

This post is shared in the spirit of support and collegial care, not compliance-policing. A quick check now can save a lot of stress later.

🌱 We’re all just trying to survive March



05/01/2026

In Loving memory of Minnie H's who passed away in 2025. Our Deepest condolences to the families 💜🙏🏽

Minnie H verloor nog n vriend en kollega.Ons is diep geraak deur die heengaan van Brian Loff.  Mag die Vrede vd Here met...
03/01/2026

Minnie H verloor nog n vriend en kollega.
Ons is diep geraak deur die heengaan van Brian Loff. Mag die Vrede vd Here met sy vrou en kinders wees.
Rus in vrede maat 💜

Dis n hartseer tyd vir ons Minnie H's. Ons dink met teerheid aan Rosaline Ruiter Cloete se gesin.Mag die Vrede vd Here v...
06/11/2025

Dis n hartseer tyd vir ons Minnie H's. Ons dink met teerheid aan Rosaline Ruiter Cloete se gesin.
Mag die Vrede vd Here vir julle oorskadu.
Baie sterkte vir haar man en kinders.
Ons innige meegevoel.
Sien ook haar begrafnisreelings
💜💜💜🫂🫂🫂💐💐💐

Good morning. Minnie H'sPlease see Free Training opportunity
08/08/2025

Good morning. Minnie H's

Please see Free Training opportunity

Message from Hugenote College.
17/06/2025

Message from Hugenote College.

Address

Grey Street
Worcester
6850

Telephone

+27767106047

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Minnie Hofmeyr College Social Work Students Worcester Old-students posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The University

Send a message to Minnie Hofmeyr College Social Work Students Worcester Old-students:

Shortcuts

Share